By Spotify wil ons jou die beste moontlike ervaring gee. Om dit te doen gebruik ons sekere persoonlike data oor jou om jou persoonlike Spotify-diens te lewer en om die beste klankplatform vir ons luisteraars en skeppers te ontwikkel. Ons is ook daartoe verbind om die privaatheid en sekuriteit van jou data te beskerm. Kyk na die privaatheidsbronne hier onder en kyk na die video op hierdie bladsy om meer uit te vind.
Dit is vir ons baie belangrik dat jy verstaan watter persoonlike data ons oor jou insamel, hoe ons dit insamel en hoekom dit nodig is.
Ons samel jou persoonlike data op die volgende maniere in:
Ons samel jou persoonlike data in en gebruik dit vir die volgende redes:
Vir meer inligting oor hoekom Spotify jou persoonlike data gebruik, en ons wetlike grondslag daarvoor, sien afdeling 4 van ons Privaatheidsbeleid.
Ons is daartoe verbind om ons gebruikers se persoonlike data te beskerm. Ons implementeer toepaslike tegniese en organisatoriese maatreëls om die veiligheid van jou persoonlike data te help beskerm. Let egter daarop dat geen stelsel ooit heeltemal veilig is nie.
Ons het verskeie voorsorgmaatreëls getref, insluitend pseudonimisering, enkripsie, en toegangs- en bewaringsbeleide om teen ongemagtigde toegang en onnodige bewaring van persoonlike data in ons stelsels te beskerm.
Om jou gebruikersrekening te beskerm, moedig ons jou aan om:
Vir meer besonderhede, sien afdeling 8 van ons Privaatheidsbeleid.
Jy is dalk daarvan bewus dat privaatheidswette, insluitend die Algemene databeskermingsregulasie of "GDPR", sekere regte aan individue in verband met hul persoonlike data gee. Dit word hier onder beskryf.
Vir meer gedetailleerde inligting, insluitend hoe om jou regte uit te oefen, sien afdeling 2 van ons Privaatheidsbeleid.
Dit is jou reg om toegang te vra tot die persoonlike data wat ons oor jou verwerk.
Dit is jou reg om ingelig te word van die persoonlike data wat ons oor jou verwerk en hoe ons dit verwerk.
Dit is jou reg om te versoek dat ons jou persoonlike data wysig of opdateer waar dit onakkuraat of onvolledig is.
Dit is jou reg om te versoek dat ons tydelik of permanent ophou om al of sekere van jou persoonlike data te verwerk.
Dit is jou reg om te eniger tyd beswaar te maak daarteen dat ons jou persoonlike data verwerk, vir redes wat verband hou met jou spesifieke situasie.
Dit is jou reg om beswaar te maak teen die verwerking van jou persoonlike data vir pasgemaakte advertensiedoeleindes.
Dit is jou reg om nie onderhewig te wees aan 'n besluit wat uitsluitlik op geoutomatiseerde besluitneming gebaseer is, insluitend profilering, waar die besluit wetlike gevolge vir jou sou hê of soortgelyke beduidende gevolge sou hê nie.
Dit is jou reg om ’n kopie van jou persoonlike data in ’n elektroniese formaat aan te vra en die reg om daardie persoonlike data vir gebruik in ’n ander party se diens oor te dra.
Dit is jou reg om te versoek dat ons jou persoonlike data uitvee.
Dit is jou reg om jou toestemming dat ons jou persoonlike data insamel of gebruik, te onttrek.
Dit is jou reg om die Sweedse Owerheid vir Privaatheidsbeskerming of jou plaaslike databeskermingsowerheid oor enige vrae of bekommernisse te kontak.
Met die "Eksplisiete inhoud"-instelling kan jy beheer of inhoud met 'n eksplisiete gradering op jou Spotify-rekening gespeel kan word.
By Spotify strewe ons daarna om jou die beste gebruikerservaring te bied. Hier onder is die beleide wat ons toepas wanneer ons hierdie diens aan jou lewer.
Vir enige vrae of bekommernisse oor hierdie bladsy, kontak ons Databeskermingsbeampte op enige van hierdie maniere: